Uitnodiging na BAK Eretoekenningsaand

Die Bestuur van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) gee u graag kennis en nooi u vriendelik graag uit na ‘n prestige-Eretoekenningsfunksie wat (DV) op Donderdag 6 Junie 2019 om 18:00 vir 18:30 by NALN aangebied word. Tydens die geleentheid sal erkenning aan die volgende persone gegee word vir hul bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur:

 Coenie de Villiers, Lucas Maree (postuum), Anton Esterhuyse en Elsa Krantz

Kaartjies vir die funksie is teen R100.00 p.p. by Hennie Maartens (selnr. 083 3880047), Barry Frey (selnr. 083 4621963), Willie Engelbrecht (selnr. 082 7281489), Chris Verwoerd (selnr. 082 8004708), Karn Botha (selnr. 082 5640967) en Arno Odendaal (selnr. 060 5251865) beskikbaar.  

U en u gade / metgesel se teenwoordigheid by die funksie sal baie waardeer word.

Hierdie geleentheid word in samewerking met die vriende van NALN gedoen.

Vriendelike kultuurgroete,

Hennie Maartens (Sekretaris)

083 3880047