Boereradio Rockfees

Die Oorlogsmuseum bied aan: `n Boereradio Rockfees tydens die 120-jarige Herdenking van die Anglo-Boereoorlog 1899-1902. Kom geniet `n opelugkonsert by die Oorlogsmuseum (Vrouemonument) in Bloemfontein se amfiteater met bekende kunstenaars Radio Kalahari Orkes en Adam Tas, asook die plaaslike talent van Dirk en die Republiek, Jacobus Silwer en Band sowel as Thabo Hlongwane.