Oorlogmuseum Jaarprogram

VRIENDE VAN DIE OORLOGMUSEUM JAARPROGRAM:

a) 16 FEBRUARIE om 9h30:

Kestell-kranslegging en gedenklesing deur Johanna Botha:Onderwep - Genealogie van Ds. Kestell en Truida Kestell(neé Hofmeyer)

b) 19-21 APRIL(PAASNAWEEK):

Naweekuitstappie na Bankfontein Phillipolis waar ons o.a. Genl. Renier Grobler se graf besoek asook Grootfontein(Liebenberg), Kaliesfontein, Phillipolisdorp, skermutselings tydens 2de en 3de dryfjagte op de Wet. Lesings en verblyf op Bankfontein by Dr. Joop Fourie(kenner van klippe, bome, bossies en kruiemedisyne!)

Koste: waarskynlik nie meer as R600 pp.(vervoer uitgesluit). Sodra getalle het sal ek finale prys bevestig. Sal waarskynlik in motors ry. Belangstellendes moet so gou moontlik bespreek. Ekself het waarskynlik plek vir 2 of 3 persone wat saam kan ry en 2 of 3 individue/pare wat kan oorslaap Vrydag 19de en Sondag 21ste(die wat ver kom)

c) 1 JUNIE om 9h30:

- Bittereinder kranslegging en gedenklesing deur Dr. Willie Pretorius:Onderwerp - ‘Bittereinder broers’- oorlogservaringe van Ouboet en Henning Viljoen(seuns van Genl. P.R. Viljoen)

d) 25 JULIE om 18h00 vir 18h30:

- Sop en sjerrie-aand: Lesing deur Dr. Garth Benneyworth - Onderwerp: ‘Traces of forced labour during the SA War’(black civilians in concentration camps)

e) SEPTEMBER-TOER 2019:

-Sodra ons inligting ontvang vanaf Pretoria-tak wat die toer moet reel sal ons die inligting deurgee. Daar was ‘n versoek dat dit moontlik na die Kaapse Middelland sal wees maar hul bestuur moet nog ‘n finale besluit neem.

f) 2 NOVEMBER om 9h30:

- Jaarvergadering en lesing: Onderwerp - Krygsgevangenekuns deur Vicky Heunis