DAMESKRING: HEUWELSIG BLOEMFONTEIN

DAMESKRING: HEUWELSIG BLOEMFONTEIN.

Maandag, 20 Mei om 18:00 hou ons ‘n heerlike kultuuraand by NALN. Ons gaan ‘n Breyten Breytenbach se 80st verjaarsdag vier. Mooi gedigte, ‘n kort praatjie, musiek ens. Almal is welkom, toegang is gratis, maar ons gaan ‘n kollekte hou om ons fondse bietjie aan te vul.  Kom geniet die aand saam met ons. Laat my asseblief net weet indien u sou belangstel sodat ons voorsiening kan maak.  Selnr. 0828261419

15 Julie:            Takvergadering met ‘n spreker oor doolhowe

19 Augustus:     Takvergadering: Onderwerp Sosiale media

7 September:     Gebiedskonferensie in Bloemfontein

21 Oktober :      Spreker met tema “Vreesloos vrou wees”

Die Dameskring se NASIONALE PROJEK is om morele waardes by die voorskoolse kind vas te lê.  ‘n Werkwinkel word tans landswyd aangebied om gesagsfigure op te lei om die Handleiding, “Waardes vir Woelwaters” te gebruik. (Foto aangeheg). Die Handleiding is reeds die afgelope twee jaar in Afrikaans beskikbaar, is onlangs ook vertaal in Engels en Sotho.

Kontak Marda Oosthuysen (082 826 1419) vir enige verdere navrae in die verband.

Die GRANAAT is ons kwartaallikse tydskrif en kan ook elektronies op ons webblad afgelaai word.  www.diedameskring.co.za

 

Marda Oosthuysen

Voorsitter:  Die Dameskring Heuwelsig

_______________________________

Selnommer:    082 826 1419

Eposadres:       This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.