NALN Literatuurfees

Hulde aan helde-reeks @ NALN

Aag Gee Visser ’n kans: Woordkuns uit die oudedoos!

 

Aag gee Visser ‘n kans: woordkuns uit die oudedoos! is ‘n keur uit A.G. Visser se digkuns voorgelees deur Nico Luwes en Peter Taljaard. Die program wissel van sy speelse woordwaarhede, tot meer ernstige en veral sy romantiese gedigte waarmee Visser die harte van mense oor dekades geroer het. Soms onskuldig, soms skerp satiries maar altyd strelend op die oor en murgsag in die hart! Dis A.G. Visser!

Met Nico Luwes, Pieter Taljaard

Taal Afrikaans

Tydsduur 60 min

Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included)

Plek NALN

Tyd 4 Julie, 18:00

 

Bloemfonteinse Taaltoer

Die bekende en geliefde Bloemfonteinse skrywer en taalwetenskaplike, Prof J.C. Steyn, het in 2018 tagtig jaar oud geword. J.C. Steyn het as skrywer en digter reeds vroeg in sy loopbaan erkenning gekry. Hy het egter as taalhistorikus, vakwetenskaplike navorser en akademikus baanbrekerswerk vir Afrikaans en sy gebruikers gedoen, en is ook hiervoor met die gesogte Helgard Steynprys bekroon. Prof. Steyn gaan, saam met Leana Lategan, hoofvakkundige van NALN, ’n rondrit deur Bloemfontein onderneem, waartydens hulle verskeie belangrike, interessante en meestal onbekende feite oor die Afrikaanse taal-en verwante letterkundige gebeure met die gaste gaan deel.

Met Jaap Steyn, Leana Lategan

Taal Afrikaans

Tydsduur ongeveer 180 minute

Prys R150

Plek vertrek vanaf NALN

Tyd 30 Junie, 14:00

 

Die man wat glimlag met ‘n mes onder sy jas

Hy is vanjaar negentig jaar jonk. Hy is lank. Hy is regop. Hy is skerp. Hy is stout. Hy is ontstig. Hy is ‘n filosoof. Hy is ‘n teoloog. Hy is ‘n denker. Hy is ‘n bekroonde satirikus. Hy is ‘n dramaturg. Hy prikkel. Hy kielie. Hy amuseer. Hy maak die donder in. Hy glimlag inderdaad met ‘n mes onder sy jas. Hy is M.M. Walters. Johann Nel gesels oor Walters, kom gesels saam.

Met Johann Nel

Taal Afrikaans

Tydsduur 60 min

Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included)

Plek NALN

Tyd 1 Julie, 18:00

 

Van toe tot nou: 'n Reis van twee stede

Philip de Vos, wat op 16 Junie 80 geword het, praat, in ’n program met vertellings, versies en 'n liedjie of twee, oor sy grootwordjare in Bloemfontein en hoe hy later in sy Kaapstadjare bekend geword het as operasanger, skrywer, versiemaker, rymvertaler, fotograaf en skrywer en aanbieder van radioreekse oor klassieke komponiste. Kom deel in die genot!

 

Met Philip de Vos

Taal Afrikaans

Tydsduur 60 min

Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included)

Plek NALN

Tyd 1 Julie, 19:00

 

Etienne Leroux: Sy betekenis vir vandag

Etienne Leroux is vir baie lesers ’n haas-vergete skrywer. Wanneer daar egter na sy invloed op ’n nuwe geslag skrywers gekyk word, blyk die teenoorgestelde. Skrywers so uiteenlopend soos Andre P. Brink, Alexander Strachan, Ingrid Winterbach en Peet van Aardt is duidelik sterk beinvloed deur Leroux op stilistiese en tematiese vlak. Een van Leroux se romans wat seminaal in hierdie verband is, is 18-44 – wat ook in die buiteland hoë lof ingeoes het. Kom luister na hierdie boeiende gesprek tussen twee gesoute literatore.

Met Heilna du Plooy, Hennie van Coller

Taal Afrikaans

Tydsduur 60 min

Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included)

Plek NALN

Tyd 3 Julie, 18:00

 

Karel Schoeman, sy laaste reis

Die bykans ikoniese bydrae wat Karel Schoeman tot Afrikaans gelewer het, is nie te betwis nie. Die dood en die sterfproses is belangrike en wederkerende temas in sy uitgebreide literêre oeuvre. Tersefdertyd het hy ook die lewe gevier. Vanjaar, op 26 Oktober, sou hy 80 jaar oud word. Om hierdie dag, en die lewe van Karel Schoeman in herinnering te roep, word lesers en belangstellendes genooi om persoonlike gunsteling gedeeltes uit sy tekste (in enige genre) saam te bring om voor te lees. Daar sal ook ’n oorhandiging van Schoeman-personalia aan die Museum wees.

 

Met Jackie Steyn, Leana Lategan, Wyno Simes, deelnemers uit die gehoor

Taal Afrikaans

Tydsduur 60 min

Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included)

Plek NALN

Tyd 2 Julie, 18:00

 

Dr Khotso Pieter David Maphalla – a most prolific Sesotho author

 

We pay tribute to Dr K.P.D. Maphalla, perhaps the most prolific and proficient of contemporary Sesotho writers. This Bethlehem native’s creative oeuvre includes twenty-four Sesotho poetry books, five short story anthologies, two plays and sixteen novels. The tribute will include an overview of his life and work, readings from his literary legacy, as well as a display of his oeuvre and an audio-visual exhibition.

 

Met Pule Lechesa and others

Taal English, Sesotho

Tydsduur 60 min

Prys Free

Plek Sesotho Literary Museum @NALN

Tyd 4 July, 14:00

 

Literatuurgeskiedenisreeks @ NALN volg…