BAK se eretoekenningsaand

BAK SE ERETOEKENNINGS GELEENTHEID OP 6 JUNIE 2019 TE NALN, BLOEMFONTEIN.

Daar was ‘n opgewondenheid tydens BAK se jaarlikse Eretoekennisgeleentheid op 6 Junie 2019. By die funksie het BAK vir Elsa Krantz, drama en toneel, Anton Esterhuyse, musikant, musiekverwerker en –regisseur, Lucas Maree (postuum), liedjieskrywing en musiek, en Coenie de Villiers, musiek en as aanbieder van programme op Afrikaanse TV, vereer vir elkeen se besondere bydrae om Afrikaans as taal te bevorder op hulle onderskeie terreine. Genoemde kunstenaars was dankbaar vir die erkenning wat hulle van BAK ontvang het. Ivan van Vuuren het namens mev Ilse Maree, weduwee, van Lucas Maree opgetree. Leon Gropp het as gaskunstenaar opgetree wat NP van Wyk Louw se gedigte getoonset en musikaal uitstaande aangebied het. Die aand is heerlik met verversings afgesluit. 

Op die foto is vlnr: Dr Chris Verwoerd (BAK voorsitter), Ivan du Preez (namens mev Ilse Maree), Elsa Krantz, Coenie de Villiers, Andre Esterhuyse en mev Karn Botha (BAK)