Akademia Universiteit

Brief van die Dekaan: Geestewetenskappe

Akademia se programaanbod het in 2012 afgeskop met studies hoofsaaklik in die Ekonomiese- en bestuurswetenskappe. Groot was die opgewondenheid toe Akademia, nadat daar aan die statutêre vereistes voldoen is, aan die begin van 2019 vir die eerste keer studente vir die kwalifikasie BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) ingeneem het. Sodoende is jare gelede se planne vir die uitbreiding van studierigtings na die geesteswetenskappe verwesenlik. Hierdie was die eerste stap in die totstandkoming van die Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia.

Groot planne word beraam vir die uitbreiding en ontwikkeling van hierdie fakulteit. Goedgekeurde akademiese programme in hierdie fakulteit sal binnekort bekendgestel word. Hou die maandelikse nuusbrief dop vir meer inligting hieroor. Ander programme dien tans vir goedkeuring, en ander kwalifikasies word steeds ontwikkel. Die oogmerk is om ʼn volledige programaanbod in hierdie fakulteit aan te bied.

Teen hierdie agtergrond word ʼn mooi toekoms vir die Fakulteit Geesteswetenskappe voorsien om ʼn kreatiewe en voortreflike opvoedingsrol te speel in Akademia se huidige verspreideleermodel en vir die toekomstige kampusmodel waarna ons streef.

Groete
Prof. Pieter Duvenage