BAK Algemene Jaarvergadering

Geagte Kultuurvriende,

 

Geliewe kennis te neem van ‘n Algmene Jaarvergadering van die Bloemfonteinse Afrikaner Kultuurraad (BAK), wat gehou sal word op Dinsdag 19 November 2019 om 18:00 te APK Kerkgebou, Topsy Smihstraat 1, Langenhovenpark, Bloemfontein.

 

Die sakelys en aanverwante dokumente sal voor die tyd aan u per epos versend word.

 

Alle lidorganisasies, individuele lede en belangstellendes in die Bloemfonteinse kultuurgemeenskap is welkom om die vergadering by te woon.

 

U teenwoordigheid is van die uiterste belang. As u nie teenwoordig kan wees nie stuur asb ‘n afgevaardigde in u plek. Baie dankie.

Vriendelike groete

dr.Hennie Maartens. sekretaris.