Nuus

Nuus

Brief van die Dekaan: Geestewetenskappe

Akademia se programaanbod het in 2012 afgeskop met studies hoofsaaklik in die Ekonomiese- en bestuurswetenskappe. Groot was die opgewondenheid toe Akademia, nadat daar aan die statutêre vereistes voldoen is, aan die begin van 2019 vir die eerste keer studente vir die kwalifikasie BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) ingeneem het. Sodoende is jare gelede se planne vir die uitbreiding van studierigtings na die geesteswetenskappe verwesenlik. Hierdie was die eerste stap in die totstandkoming van die Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia.

Groot planne word beraam vir die uitbreiding en ontwikkeling van hierdie fakulteit. Goedgekeurde akademiese programme in hierdie fakulteit sal binnekort bekendgestel word. Hou die maandelikse nuusbrief dop vir meer inligting hieroor. Ander programme dien tans vir goedkeuring, en ander kwalifikasies word steeds ontwikkel. Die oogmerk is om ʼn volledige programaanbod in hierdie fakulteit aan te bied.

Teen hierdie agtergrond word ʼn mooi toekoms vir die Fakulteit Geesteswetenskappe voorsien om ʼn kreatiewe en voortreflike opvoedingsrol te speel in Akademia se huidige verspreideleermodel en vir die toekomstige kampusmodel waarna ons streef.

Groete
Prof. Pieter Duvenage

 

 

LIEFDE VIR DIE AARDE.

Dit is algemene kennis dat miljoene ton plastiek reeds die oseane besoedel het. Fossielbrandstof het die lewensbelangrike samestelling van die atmosfeer   drasties versteur: vullishope en begraafplase vul groot areas van die aarde se oppervlakte en brei daagliks uit. Ondanks die gevaarligte vir die lewe op ons planeet, word daar steeds veel te min hieromtrent besin en gedoen. Die wil tot selfbelang oorheers ons wil tot oorlewing.

 

Die bestuur van die BAK doen ‘n beroep op en rig ‘n versoek aan sy ledeorganisasies en aan die media om sy lede en sy lesers aan te moedig om:-

  • bewustelik te leef;
  • analities en denkend oor sowel besoedeling as bewaring in eie heem — op eie werf, op elke skoolterrein, in en langs die strate van hulle tuisdorp en stad, op die rand van hulle stad, in hulle provinsie, langs die paaie van die  land en in elke provinsie — te (begin) besin;
  • om sowel ledeorganisasies as ander instansies verby besinning en praat te probeer neem in inisiatiewe wat die uitsteek van die hande uit die moue verg.
  • Dus: om ‘n daadwerklik liefde vir die aarde in die praktyk uit te leef
  • en die bewaring en behoud van lewe op die planeet, in Suid-Afrika en plaaslik met die erns wat dit verdien, te bevorder.
  • en om mense aan te moedig om sakke van herwinbare materiaal in plaas van plastiese houers aan te koop.

Daar is na bewering miljoene mense in Suid-Afrika wat daagliks nie genoegsame voedsel inneem nie. Gebrek aan voedsel lewer talle nadelige gevolge soos oa swak konsentrasie in skole en ‘n uitsiglose lewensverwagting. In skrille kontras hiermee beland heelwat ongebruikte kos in vullissakke.

Die bestuur van die BAK doen ‘n beroep op en rig ‘n versoek aan sy ledeorganisasies om sy lede aan te moedig om ongebruikte voedsel aan organisasies en kerke te skenk wat noodlydendes in die verband bystaan

Die Ou Presidensie Historiese Vereniging benodig vier persone wat deel van die span kan wees met die jaarlikse Rapportryers Vasvra !

Dv op Donderdagaand 12 September 2019 om 18:30 te Laerskool Sentraal in  (Andries Pretorius str.)

‘n Algemene kennis vasvra en oor die boek Levitikus.

Aantwoord asb. spoedig moontlik.

Ons waardeer u belangstelling en deelname.

Kultuurgroete.

Lambertus v Rensburg

051 422 5283 / 072 418 8665 

Netwerk is ʼn onafhanklike, nie-politiese, vrywillige, Christelike Afrikaanse organisasie.Ons strewe is om verskillende organisasies, instansies en individue wat hulle beywer vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur, met mekaar te laat ‘netwerk’.

Ons bereik ons doel deurdat ons:

• Netwerke tussen relevante organisasies en mense skep;

• Inklusief met almal saamwerk en assosieer;

• Nie voorskriftelik is oor wat ander doen nie, maar saam werk en gesels;

• Die optimale benutting van bronne fasiliteer;

• Samewerking verkry deur waarde toe te voeg en diens te lewer;

• Aksies skep en lewer waar daar gapings is;

• Aksies en gesprekke inisieer, stimuleer en versnel.

Netwerk het in Mei 2019 begin met sake-etes op die laaste Vrydag van elke maand.Dit het reeds gelei tot baie suksesvolle netwerk-geleenthede vir Afrikaanse besighede in Windhoek. Teen ʼn klein bedrag kan jy die ete gedeeltelik borg, en die geleentheid kry om jou besigheid voor te stel aan almal wat bywoon.Kontak ons om deel te raak van die volgende geleentheid. Die res van die jaar se etes word gehou op:

 

• 30 Augustus 2019

• 27 September 2019

• 25 Oktober 2019

• 29 November 2019

Profiel van 'n Afrikaanse Sakeleier

Nicolaas Cornelius Tromp is op 13 April 1949 in Windhoek gebore. Nadat hy gematrikuleer het aan Windhoek Hoërskool, waar hy ook die hoofseun was 1967, behaal hy die graad BCom aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat. Hy trou in 1971 met Denése de Villiers en 2 seuns en 2 dogters is uit die huwelik gebore. Al vier die kinders lewer vandag ʼn selfstandige bydrae tot die uitbou van die Nictus groep in Namibië en Suid-Afrika. Hy is ook die trotse oupa van 13 kleinkinders.

 

Hy sluit in 1974 by die Nictus Groep aan waar hy in 1979 as Besturende Direkteur van Nictus Beperk aangestel word.Hy dien ook as voorsitter van verskeie direksies van die NICTUS-groep.

 

Nictus groep breihulle sake belange in 1980 uit na die Republiek van Suid-Afrika onder sy leiding as Besturende Direkteur. Hy dien ook as Voorsitter van Veritas Eksekuteurskamer (Edms) Bpk, as Direkteur van Nictus Holdings Beperk in Namibië en as trustee van verskeie trusts vir die afgelope 45 jaar. 

 

Hy is ’n stigterslid van die Namibiese Effektebeurs in 1992 en dien ook as voorsitter van die Uitvoerende Komitee van die Namibiese Effektebeurs vanaf 1994–1997. Vandag is die Namibiese Effektebeurs steeds die tweede grootste in Afrika. Hy dien ook op die bestuur en as Voorsitter van die Afrikaanse Sakekamer in Windhoek vir 15 jaar.

Op kerklike terrein dien hy as lid van die kerkraad van Windhoek-Eros vir 14 jaar. Hy dien ook as lid en ondervoorsitter op die Finansiële Kommissie van die NG Kerk Sinode in Namibië.

 

Sy passie vir Afrikaanse onderwys word gesien in sy termyn as Voorsitter van die skoolkomitee van Windhoek Hoërskool. Hy is die trotse ontvanger van die Orde van die Vriend van Windhoek Hoërskool.

 

Op kulturele terrein was Nico die eerste Presidentsverkenner van Die Voortrekkers in Namibië. Hy dien as konsultant en finansiële adviseur van Die Voortrekkers in Namibië en ontvang die Orde van Vriend van Die Voortrekkers.

 

Met behulp van sy strategiese leiding en finansiële kundigheid het Voortrekker-bates soos Trekkersbron vir Afrikanerkinders behoue gebly. In September 2013 is hy eenparig deur die Hoofbestuur van Die Voortrekkers in Suid-Afrika aangewys as Hoofbeskermheer van Die Voortrekkerbeweging in Suid-Afrika en Namibië.

 

Onafhanklikheidswording het vir die Afrikaners in Namibië geweldige implikasies gehad. Gevestigde Afrikaanse kultuurorganisasies het oornag uit Namibië onttrek. Soos wat die Suid-Afrikaanse weermag uit Namibië onttrek het, het die getalle van Afrikaners in die land dramaties gekrimp. 

 

Afrikaner-erfenisterreine het verlate en leeg gestaan en oor tyd verwaarloos. Afrikaanse en ander regeringskole was verplig om uitsluitlik Engels as onderrigtaal te begin gebruik. 

’n Klein groepie Afrikaners het egter besef dat Afrikanerkultuur en ekonomiese tradisies nie oor die langtermyn bewaar en uitgebou sou word in Namibië nie. Onder die voorsitterskap van Nico Tromp (2006–2011) en die betrokkenheid van Afrikanerleiers soos Dr Callie Opperman, Polla Steyn, Ernst Stals en Jurie Viljoen, is die organisasie Netwerk vir Afrikanerbelange gestig. Netwerk het uitgereik na die enkele oorblywende Afrikanerorganisasies en begin om die werksaamhede te koördineer. Daarby het Netwerk Afrikaner eiendomme en finansiële bates in Namibië gekonsolideer in samewerking met die Selfhelp Trust, sodat die bates aangewend kan word vir die bevordering

 

van Afrikanerkultuur. 

Die Selfhelp Trust, waarvan Nico ook die voorsitter is, het in die middestad van Windhoek ’n bymekaarkomplek vir Afrikaners opgerig en dit, Ons Erfdeel,genoem. Op die terrein is die Bittereinder-monument, een van die min Afrikanermonumente in Namibië. Ons Erfdeel huisves vandag ’n Afrikaner argief, biblioteek en is ’n bymekaarkomplek vir Afrikaner kultuurorganisasies. Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat ook gevestig is by Ons Erfdeel waar studente in Afrikaans in Namibië tot op tersiêre vlak opleiding kan ontvang.

 

Die boodskap is duidelik: Ons as Namibiese Afrikaners is steeds hier, ons is steeds georganiseerd en ons lewer nog steeds ’n bydrae tot Namibië en sy mense. Die Selfhelp, Die Selfhelp Trust het ondersteuning gebied aan Afrikaners wat op eie inisiatief twaalf privaat Christelik-Afrikaanse skole regoor die land gestig het. Uit eie kapitaal het Afrikaners die skole gefinansier, onderwysers betaal en geboue opgerig wat in geldwaarde gesamentlik almeer as ’n biljoen Namibiese Dollar werd is.Vandag is daar duisende Afrikaanse kinders wat kwaliteit onderwys op Christelike grondslag in hulle moedertaal ontvang, iets wat baie Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika steeds as vanselfsprekend aanvaar.Netwerk het ook leiding geneem om betrokkbetrokke te raak by Rapport Onderwysfonds se beurskomitee.

 

Op dié manier verseker hulle dat voornemende Afrikaanse studente beurse kry om die kennis wat hulle verkry te kom terug ploeg in Namibië.

’n Kultuurgemeenskap,soos Afrikaners, is nie gebonde aan landsgrense nie en saammet Dr Callie Opperman, het Nico ’n leidinggewende rol gespeel in die totstandkoming van ’n kulturele vennootskap tussen Netwerk en die Federasie vir  Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) in Julie 2013. Dit is die eerste internasionale v e n n o o t s k a p tussen twee gelykwaardige Afrikanerorganisasies van die aard.” Vir die eerste keer sedert 1929, het die FAK ʼn Namibiër, Dr Callie Opperman op hulle direksie aangestel en vereer hulle met hul Toekenning vir Uitnemende Leierskap, Nico Tromp in 2013. Hy het hierdie gesogte toekenning ontvang vir sy saakmakende en rigtinggewende leierskap, harde werk, deursettingsvermoë en selfopoffering om vir die Afrikaners in Namibië ’n kulturele- en saketoekoms te skep.Sy boodskap aan jong Afrikaners in Namibië wat nou die sakewêreld wil betree, is baie opwindend.Namibië is ʼn paradys vir entrepreneurs wat bereid is om baie hard te werk en wie se lewensfilosofie gebou word op Bybelse beginsels. ʼn Liefde en ʼn passie om eie identiteite met uitnemendheid te bewaar en uit te bou.Sukses is gebaseer op passievolle leierskap wat ʼn passie het vir dit wat jy in glo, ʼn gefundeerde waardestelsel, ʼn liefde vir eie identiteit en die stel van ander se belange bo jou eie, is absoluut van kardinale belang om in en buite die Republiek van Namibië ʼn sukses te maak. Jou leuse moet wees om nie te koop wat jy nodig het nie, maar koop slegs dit waarsonder jy nie kan klaar kom nie.

 

Daar is geen rede hoekom jong entrepreneurstalent in Namibië nie suksesvol kan wees nie.Jong Afrikaners moet egter kennis neem dat tyd ʼn baie belangrike rol speel in die opbou van ʼn onderneming.Voortdurende transformasie, oneindige geduld en passievolle deursettingsvermoë bly die basiese bestanddele van sukses en goeie leierskap.

Suid-Afrika se eie Afrikaanse privaat Universiteit is besig om naam te maak.

Klik hier vir 'n video oor Akademia!

Die FAK Udolpho Rivierplaas is op die oewer van die Vaalrivier geleë naby Parys in die Vrystaat. Die plaas strek oor 265 hektaar en is die ideale plek vir ’n naweek weg uit die stad met verskeie akkommodasie opsies en ander fasiliteite. 

KYK OP https://udolpho.co.za

KULTURELE TOERE IN BLOEMFONTEIN EN OMSTREKE.

Skakel die volgende persone as u belangstel:

Dr Arnold v Dyk  082 801 7040   doen toere op aanvraag in en om Bloemfontein en ABO-slagvelde.

Juf Joan Abrahams doen ook toere in Bloemfontein op aanvraag. – 051 444 2325

Mnr Kobus du Preez kan ook help met toere in Bloemfontein –- 051 401 2127

Die publiek is welkom by geleenthede wat die Ou Presidensie Historiese Vereniging aanbied. 

Lambertus van Rensburg doen ook op aanvraag toere in Bloemfontein. Lambertus van Rensburg se selnommer is: 0724188665

Bogenoemde is almal geskiedenistoere.

Op Dewetsdorp is daar ‘n dame wat toere in en om die omgewing doen. (Mercia )

 

Begeleide toere kan by die Oorlogsmuseum / Vrouemonument gereël word op versoek. 051 447 3447

Dr Johan Loock kan toer na Sannaspos slagveld  e.a. doen – 084 584 5245

Geagte dr Herman

Namens die Dagbestuur van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad wil ons u gelukwens met die voortreflike inisiatief wat Solidariteit neem om Afrikaanse Onderwys, onafhanklik van die Staat, as wêreldklas onderriginstansies vir Afrikaanse jongmense, op skool, op universitêre, en tegniese gebiede te ontwikkel.

Ons wil graag ons morele steun hiervoor gee.

Sukses en voorspoed met hierdie visionêre stap.

Vriendelike groete,

Dr Hennie Maartens: sekretaris.   

Antwoord:

Beste Hennie,

 

Baie dankie vir die pragtige skrywe. Dit beteken vir ons baie. Ons is opgewonde oor die planne en het geen keuse as om hard te werk en te bou aan die toekoms nie.

 

Groete

 

Dirk Herman

 

 

Na aanleiding van 'n navraag vanaf BAK, hiermee ʼn antwoord vanaf Netwerk:

Soortgelyk aan die situasie in Suid-Afrika, ontvang die taal ook nie hulp vir alles wat ons graag wil doen van die Staat nie. Die Grondwet van Namibië maak voorsiening dat jy jou taal en kultuur mag handhaaf en bevorder. ʼn Paar Afrikaners het dit dus nodig geag om die organisasie “Netwerk” op die been te bring in 2006. Netwerk koördineer die aktiwiteite van die kultuurorganisasies in Namibië, en het die bemagtiging van Afrikaners en bevordering van Afrikaans ten doel.

Ons werk tans aan ʼn projek om besighede te betrek by die aktiwiteite van Netwerk, om ondersteuning in die breër gemeenskap te verkry.

Van Netwerk se bestuurslede het voordat Netwerk gestig is, ook ʼn sleutelrol gespeel in die stigting van Afrikaanse Privaatskole in Namibië ten einde Moedertaalonderrig te verseker. Tans vat ons hande met die Afrikaanse privaatskole om kommunikasie met ander kultuurorganisasie te versterk. Ons werk nou saam met die skole en die Professionele Vereniging vir Afrikaans-Taalonderrig in Namibië om die behoefte vir onderwys in Afrikaans te bepaal, en te help om beurse te skep vir voornemende Afrikaanse studente. Daar is nie Afrikaanse moedertaalonderrig in die staatskole nie, behalwe vir die eerste drie skooljare in sommige skole. So ook vir ander taalgroepe. Die amptelike onderrigtaal is Engels tot in matriek. Netwerk stel hom ten doel om in die volgende jare die behoefte aan Afrikaanse moedertaalonderrig in die staatskole onder die ministerie van onderwys se aandag te bring. Die tyd is ryp dat daarvoor voorsiening gemaak word.

Volgens die 2011 Namibiese sensusdata, is Afrikaans die moedertaal van 10% van huishoudings in Namibië, ongeveer 212,000 mense. Ons weet egter dat Afrikaans die algemene spreektaal (“lingua franca”) van die meerderheid van mense in Namibië is. Ons moet nogtans ʼn doelbewuste poging aanwend om mense bewus te maak van en lief te maak vir die taal. Ons glo dat die kultuurorganisasies, onder andere ATKV, Die Voortrekkers, Windhoek Woordfees, Die Namib Skryf, ens. genoeg doen hiervoor, met Netwerk wat dophou en koördineer. Namibië is ook gelukkig om sterk steun van die media te hê in die vorm van die Afrikaanse koerant Republikein en op die NBC (nasionale radiodiens), asook op twee privaat-radiostasies, Kosmos 94.1 en Kanaal 7.

Ons hoop dit beantwoord u vrae. Kontak ons gerus vir enige verdere navrae. Ons hoor ook graag verder van BAK.

Vriendelike Namibiese groete,

PHILIPPUS TROMP

Voorsitter: Netwerk Vraag: Noem die individue wat burgers van die Kolonie was, maar wat tereggestel is sonder dat hulle deur ‘n sittende militêre krygshof verhoor was, maar deur sg. saamgestelde ‘court matial’ en op ‘n ad hoc basis in die veld en andersins verhoor en tereggestel is.

Page 2 of 3