Jaarverslag 2017

Opsommende Jaarverslag van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) vir 2016/2017

Die Dagbestuur het in 2017 kwartaalliks vergader om sake voortspruitend uit die Algemene Jaarvergadering van 2016 te bespreek en verder te hanteer.

Alhoewel die BAK hoofsaaklik ‘n koördinerende funksie vervul, is aandag geskenk aan sake soos toekomstige nouer skakeling met Afrikaners in die buiteland, die toeganklikheid van die Voortrekkermonument en -museum naby Winburg en die herstel en instandhouding van Afrikanerkultuurerfenisterreine, soos die Voortrekkermonument in Thaba’Nchu.

Die jaarlikse Eretoenningsfunksie in samewerking met die FAK het op 8 Junie 2017 in die oudiotorium van NALN plaasgevind. Erkenning vir die bevordering van Afrikaans en die Afrikaanse kultuur is vanjaar gegee aan mnr. Jan Lambrechts, wyle mnr. Otto Liebenberg, dr Louis Bothma en dr. Manie Wolfaardt.

Die BAK het tydens 2017 geen media-vrystellings gedoen nie, maar was wel nou betrokke by die proses van openbare deelname rakende die voorgenome nuwe besigheidsontwikkeling by die Bron van Herinnering agter die Bybelhuis langs die N1-hoofweg.

Tans is daar 12 Afrikanerkultuurorganisasies by die BAK geaffilieer. Vier persone dien ook op die BAK as individuele lede.   

Tydens die Algemene Jaarvergadering van 21 November 2017 is die volgende persone op die bestuur verkies:

Mnr. Willie Engelbrecht                     Voorsitter

Dr. Chris Verwoerd                           Onder Voorsitter

Prof. Barry Frey                                Sekretaris

Mnr. Arno Odendaal                          Tesourier

Mev. Karin Botha                              Addisionele lid