Jaarverslag van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad vir 2021/2022
Vergaderinge van die Bestuur
Die Bestuur het gereeld vergader en minstens kwartaalliks bymekaar gekom vir ʼn gestruktureerde vergadering met sakelyste en notules.
Jaarlikse Eretoekeningsfunksie
Die jaarlikse funksie het weer op 13 Oktober 2022 plaasgevind by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke. Erkenning is vanjaar gegee aan mnr. Deon de Jager, dr. Joanita Erasmus-Alt en adv. Colin Steyn.
Media-vrystellings
Daar was vanjaar geen media-vrystellings nie. Die BAK-bestuur was wel nou betrokke by die openbare deelname van die naamsveranderingsoses van die Taalmonument in die Paarl. Gesprekke het ook tussen die BAK en die FAK se Kultuurnetwerk plaasgevind rakende die verval van die Ou Presidensie. Daar is ook deur die BAK gesprekke gevoer rakende die bewaring van ABO- wapens by die Ou Fort.
Ledegroei
Die sakelys het deurentyd nuwe lede hanteer en daar was wel groei in 2022 rakende individue, maar nie rakende organisasies nie.
Bestuursamestelling
‘n Woord van dank aan die volgende persone wat op die bestuur vir 2021/2022 gedien het:
Mnr. Willie Engelbrecht Voorsitter
Mev. Marda Oosthuysen Ondervoorsitter
Prof. Barry Frey Sekretaris
Mev. Karin Botha Tesourier
Mnr. Marius de Vos Gekoöpteerde lid