Kulturele Kontak

Na aanleiding van 'n navraag vanaf BAK, hiermee ʼn antwoord vanaf Netwerk:

Soortgelyk aan die situasie in Suid-Afrika, ontvang die taal ook nie hulp vir alles wat ons graag wil doen van die Staat nie. Die Grondwet van Namibië maak voorsiening dat jy jou taal en kultuur mag handhaaf en bevorder. ʼn Paar Afrikaners het dit dus nodig geag om die organisasie “Netwerk” op die been te bring in 2006. Netwerk koördineer die aktiwiteite van die kultuurorganisasies in Namibië, en het die bemagtiging van Afrikaners en bevordering van Afrikaans ten doel.

Ons werk tans aan ʼn projek om besighede te betrek by die aktiwiteite van Netwerk, om ondersteuning in die breër gemeenskap te verkry.

Van Netwerk se bestuurslede het voordat Netwerk gestig is, ook ʼn sleutelrol gespeel in die stigting van Afrikaanse Privaatskole in Namibië ten einde Moedertaalonderrig te verseker. Tans vat ons hande met die Afrikaanse privaatskole om kommunikasie met ander kultuurorganisasie te versterk. Ons werk nou saam met die skole en die Professionele Vereniging vir Afrikaans-Taalonderrig in Namibië om die behoefte vir onderwys in Afrikaans te bepaal, en te help om beurse te skep vir voornemende Afrikaanse studente. Daar is nie Afrikaanse moedertaalonderrig in die staatskole nie, behalwe vir die eerste drie skooljare in sommige skole. So ook vir ander taalgroepe. Die amptelike onderrigtaal is Engels tot in matriek. Netwerk stel hom ten doel om in die volgende jare die behoefte aan Afrikaanse moedertaalonderrig in die staatskole onder die ministerie van onderwys se aandag te bring. Die tyd is ryp dat daarvoor voorsiening gemaak word.

Volgens die 2011 Namibiese sensusdata, is Afrikaans die moedertaal van 10% van huishoudings in Namibië, ongeveer 212,000 mense. Ons weet egter dat Afrikaans die algemene spreektaal (“lingua franca”) van die meerderheid van mense in Namibië is. Ons moet nogtans ʼn doelbewuste poging aanwend om mense bewus te maak van en lief te maak vir die taal. Ons glo dat die kultuurorganisasies, onder andere ATKV, Die Voortrekkers, Windhoek Woordfees, Die Namib Skryf, ens. genoeg doen hiervoor, met Netwerk wat dophou en koördineer. Namibië is ook gelukkig om sterk steun van die media te hê in die vorm van die Afrikaanse koerant Republikein en op die NBC (nasionale radiodiens), asook op twee privaat-radiostasies, Kosmos 94.1 en Kanaal 7.

Ons hoop dit beantwoord u vrae. Kontak ons gerus vir enige verdere navrae. Ons hoor ook graag verder van BAK.

Vriendelike Namibiese groete,

PHILIPPUS TROMP

Voorsitter: Netwerk Vraag: Noem die individue wat burgers van die Kolonie was, maar wat tereggestel is sonder dat hulle deur ‘n sittende militêre krygshof verhoor was, maar deur sg. saamgestelde ‘court matial’ en op ‘n ad hoc basis in die veld en andersins verhoor en tereggestel is.