Nuus

Nuus

JAARVERSLAG VAN DIE BLOEMFONTEINSE AFRIKANERKULTUURRAAD (BAK) VIR 2022/2023

Vergaderinge van die Bestuur

Die Bestuur het gereeld, minstens kwartaalliks, vergader met gestruktureerde sakelyste en notules.

Jaarlikse Eretoekeningsfunksie

Die jaarlikse funksie het op 21 September 2023 by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke plaasgevind.  Erkenning is gegee aan mev. Annelien Diedericks, mev. Leana Lategan en prof. Andries Raath vir hul jarelange bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur.

Media-vrystellings

Geen media-vrystelling is gedurende die verslagjaar gedoen nie.  Gesprekke het wel tussen die BAK en die FAK-kultuurnetwerk plaasgevind rakende algemene erfenisbewaring. Daar is ook deur die BAK gesprekke gevoer rakende herstelwerk aan die ruiterstandbeeld van genl. Christiaan Rudolph de Wet.

Ledegroei

Die sakelys het deurentyd nuwe lede hanteer en daar was wel groei in 2023 rakende individue, maar nie rakende organisasies nie.

Bestuursamestelling

‘n Woord van dank aan die volgende persone wie op die Bestuur vir 2022/2023 gedien het:

Mnr. Willie Engelbrecht                     Voorsitter

Mev. Marda Oosthuysen                    Onder Voorsitter

Prof. Barry Frey                                  Sekretaris

Mev. Karin Botha                               Tesourier

 

Mnr. Marius de Vos                            Gekoöpteerde lid

 

KENNISGEWING VAN N FUNKSIE VAN DIE BLOEMFONTEINSE AFRIKANERKULTUURRAAD (BAK)

Die Bestuur van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) nooi u graag uit na n Eretoekenningsfunksie

wat (DV) op Donderdag, 21 September 2023, om 18:00 vir 18:30 in die ouditorium van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke aangebied word.

 Tydens die geleentheid sal erkenning aan die volgende persone gegee word vir hul bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur:

 Annelien Diedericks, Leana Lategan en prof. Andries Raath

Gasspreker:  Me. Leana Lategan

Tema: Boeke – Begeleiers op ons pad

  

Kaartjies is beskikbaar teen R100.00 p.p. (vingerete ingesluit) en kan bekom word deur vir Barry Frey per WhatsApp by 083 462 1963 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te skakel. ‘n genommerde kaartjie sal elektronies aan u gestuur sal word sodra ‘n bewys van betaling per e-pos, WhatsApp of SMS ontvang is.

 

Die rekening waarin betalings gedoen kan word is:

 

Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad

BANK: Investec

Tak nr. 580105

Rek. nr. 50015306753 (“Current”)

Verwysing:  Naam en Van & Funksie 2023

 

Die volgende persone kan ook vir kaartjies genader word:

 

Ø  Willie Engelbrecht (sel: 082 728 1489)

Ø  Karn Botha (sel. 082 564 0967)

Ø  Marda Oosthuysen (sel: 082 826 1419)

 

U ondersteuning sal baie waardeer word.

 

Vriendelike kultuurgroete,

Barry Frey (Sekretaris)

083 462 1963

 

 

NOTULE van die Algemene Jaarvergadering (JV) van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad wat gehou is op Dinsdag 22 November 2022 om 18:00 in die saal van die APK Bainsvlei, Topsy Smithstraat 1, Langenhovenpark,  Bloemfontein.

 

1.       OPENING

Mev. Marda Oosthuysen, ondervoorsitter, open die vergadering met die lees van dele uit Psalm 91 en ‘n gebed.

 

2.       VERWELKOMING

Die voorsitter, mnr. Willie Engelbrecht, verwelkom al die verteenwoordigers van geaffilieerde organisasies hartlik, asook vir me. Lientjie Mentz  van Media 24  en dr. Badenhorst, die BAK-webmeester.

 

3.       LIEF EN LEED

Mev. Oosthuysen word sterkte toegewens vir die prosedure aan haar hand wat op Woensdag 23 November 2022 uitgevoer sal word.

  

4.       PRESENSIE

Teenwoordig:

 

Individue:  Mnr. Willie Engelbrecht – voorsitter

                     

         Kerke:                         Geen.

               

Organisasies:            Mev. Marda Oosthuysen  (ondervoorsitter) – Die Dameskring

Mev. Karn Botha (penningmeester) – Die Dameskring 

                                               Prof.  Barry Frey (sekretaris) – Oranje Rapportryerskorps  

                                                Dr. Eben Proos Vriende van die Oorlogmuseum

                                               Mnr. Marius de Vos – Koördinerende Afrikanerraad (KAR)

                                                Mnr. Lambertus van Rensburg – Ou Presidensie Historiese Vereniging

                                               

Gaste:                         Dr. Johan Badenhorst – BAK-webmeester

                                       Mev. Thelma Marais – Belangstellende

                                       Ds. Retief Botha – Belangstellende

                                       Me. Lientjie Mentz – Media 24

                                               

5.    VERSKONINGS VIR AFWESIGHEID AANGEBIED   

Mnr. Dawie Snyman – Brandkop Voortrekkers

 

6.   NOTULE VAN DIE JAARVERGADERING VAN 17 NOVEMBER 2020

Die notule word as gelese beskou en op voorstel van mev. Marda Oosthuysen,  gesekondeer deur mev. Karn Botha, goedgekeur.   

 

 

7.   FINALISERING VAN DIE SAKELYS

Geen nuwe sake word ter tafel gelê nie.

 

8.   SAKE VOORTSPRUITEND UIT DIE NOTULES VAN VORIGE JAARVERGADERINGS

Geen.

 

9.   NUWE SAKE 

 

9.1  Inligting vir die BAK-webblad

 

Die belangrikheid van effektiewe kommunikasie tussen kultuurorganisasies, om onder andere van onderlinge projekte/aktiwiteite kennis te neem en dit te ondersteun, word beklemtoon.

 

BESLUITE

 

9.1.1   Ander plaaslike Afrikanerkultuurorganisasies kan op versoek aan die BAK-webmeester, mnr. Johan Badenhorst, “skakels” op die BAK-webtuiste kry wat dit vir belangstellendes moontlik sal maak om op hul webtuistes in te skakel.

 

9.1.2  Marius de Vos moet die inligting waaroor hy aangaande erfenisterreine in die Vrystaat beskik, aan die BAK-webmeester stuur.

 

9.2  Lewenslange lidmaatskap

 

         Die BAK-bestuur is vroeër vanjaar genader om oorweging te skenk aan lewenslange lidmaatskap vir individue.  Aangesien dit ‘n wysiging van die BAK se reglement sal behels indien dit goedgekeur word, is die saak na die JV vir besluitneming verwys.

 

         Dit word uitgewys dat lewenslange lidmaatskap van die BAK , gepaardgaande met die betaling van ‘n eenmalige bedrag deur ‘n goedgekeurde individu,  tot voordeel van die organisasie sal strek.

 

         BESLUITE:

 

                   9.2.1  Lewenslange lidmaatskap van die BAK vir individue, na goedkeuring van sy/haar aansoek, word goedgekeur.

 

                   9.2.2   ‘n Eenmalige bedrag van R2 000.00 vir lewenslange lidmaatskap, word goedgekeur.

 

                   9.2.3  Die BAK-reglement sal deur die sekretaris aangepas word om vir lewenslange lidmaatskap voorsiening te maak, en aan die Bestuur voorgelê word vir bekragtiging.

 

                   9.2.4   Aansoeke vir lewenslange lidmaatskap sal deur die Bestuur oorweeg word vir goedkeuring, en sal daarna onmiddelik van krag wees.

 

9.3  Stigting van ‘n Erfenisforum vir die Vrystaat

 

         Die vergadering neem kennis van ‘n versoek van die Nasionale Vrouemonumentkommissie (NVMK) aan die BAK , om ‘n Erfenisforum vir die Vrystaat te stig wat (a) na al die Afrikanerkultuurerfenisse in die provinsie sal omsien, en (b) ‘n opname te maak van die huidige status van elke terrein/erfenis, hetsy dit plaaslik, provinsiaal of nasionaal is, en wie/watter instansie tans vir die instandhouding van die erfenis/terrein verantwoordelik is.

 

BESLUITE:

 

9.3.1  ‘n Nuwe struktuur wat na Afrikanererfenisse omsien is nie nodig nie, aangesien die BAK reeds volgens sy Reglement ten doel het om ons erfenis te “bevorder en te bewaar”.

 

9.3.2  Die BAK sal sover moontlik poog om alle plaaslike aksies kragtens sy mandaat, en indien verlang, te koördineer .

 

9.3.3  Inligting wat reeds oor Afrikanerkultuurerfenisse beskikbaar is, moet op een databasis aangebring (gesentraliseer ) word. (Sien ook Besluit 9.1.2 hierbo).

 

9.3.4  Ten einde besluit 9.3.3 ten uitvoering te bring, moet die BAK-bestuur met persone soos Jan-Danie Malan van die FAK en Lambertus van Rensburg van die Ou Presidensie Historiese Vereniging skakel, asook met organisasies soos die Direksie van die Vegkop-museum te Heilbron en die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein.

 

9.3.5  Besluite 9.3.1 – 9.3.4 sal aan die NVMK vir kennisname deurgegee word.

 

9.4  Lys van Afrikanerkultuurerfenisse in die Vrystaat

 

         Hierdie saak is saam met item 9.3 op die sakelys hanteer.

 

9.5    Vuurwapens uit die ABO vir oorplasing na die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke

 

Mnr. Marius de Vos rapporteer dat die sowat 100 ABO-gewere wat by die Militêre Museum (Ou Fort)  in Bloemfontein geberg word op hierdie stadium veilig is, aangesien huidige wetgewing die verwydering en/of vernietiging daarvan verhoed.  Tans is die wapens onder die beheer van die Parkweg-polisiestasie.

 

Marius  word bedank vir sy ondersoek  oor die bewaring en beheer oor die ABO-wapens.

 

10.  JAARVERSLAG VAN DIE BESTUUR:  2021/22-TERMYN

 

Die voorsitter, mnr. Willie Engelbrecht, doen kortliks as volg verslag oor die werksaamhede van die Bestuur gedurende 2022:

                 

Vergaderings van die Bestuur

 

Die Bestuur het gereeld en minstens kwartaalliks vergader met gestruktureerde sakelyste en notules.

 

Jaarlikse Eretoekeningsfunksie

 

Die jaarlikse funksie het op 13 Oktober 2022 by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke plaasgevind. Erkenning is gegee aan mnr. Deon de Jager, dr. Joanita Erasmus-Alt en adv. Colin Steyn.

 

Media-vrystellings

 

Geen mediavrystellings het gedurende die jaar plaasgevind nie.  Die Bestuur was wel nou betrokke by die openbare deelname aan die naamsveranderingsproses van die Taalmonument in die Paarl.  Gesprekke het ook tussen die BAK en die FAK se Kultuurnetwerk plaasgevind rakende die verval van die Ou Presidensie in Bloemfontein.  Daar is ook gesprekke gevoer rakende die bewaring van die ABO-wapens by die Ou Fort.

 

Ledegroei

 

Die Bestuur het deurentyd potensiële nuwe lede bespreek.  Daar was wel groei in 2022 rakende individuele lidmaatskap, maar nie in organisasies nie.  Dr. Arnold Van Dyk het as individuele lid by die BAK aangesluit, en ook navraag gedoen oor die moontlikheid van lewenslange lidmaatskap van die BAK.

 

Bestuursamestelling

 

‘n Woord van dank word aan die volgende persone wat die afgelope jaar (2022) op die Bestuur gedien het gerig:

 

Mnr. Willie Engelbrecht             Voorsitter

Mev. Marda Oosthuysen           Ondervoorsitter

Prof. Barry Frey                              Sekretaris

Mev. Karin Botha                          Penningmeester

Mnr. Marius de Vos                     Gekoöpteerde lid

 

11.   FINANSIËLE SAKE

 

11.1  Finansiële verslag – 2022

 

Mev. Karn Botha lewer kortliks verslag oor die BAK se geldsake, en meld dat die huidige banksaldo by Investec, na vereffening van al die uitgawes vir die Eretoekenningsfunksie in Oktober 2022 (naamlik R7 471.85) en verversings vir die JV, slegs R767.34 is. 

 

BESLUIT:

 

11.1.1  Die Finansiële verslag vir 2022 word goedgekeur.

 

11.2  Ledegeld

Mev. Botha meld dat drie organisasies se ledegeld vir 2022 nog uitstaande is.

BESLUITE

11.2.1  Die Sekretaris sal met die betrokke organisasies wie se ledegeld vir 2022 nog uitstaande is skakel.

11.2.2   Die aanbeveling van die Bestuur dat daar geen verhoging in ledegeld vir 2023 sal wees nie, word goedgekeur.

12.   BESTUURSVERKIESING

Die volgende persone word weer eenparig op die BAK-bestuur vir 2023 verkies: 

Voorsitter:                                   Mnr.  Willie Engelbrecht              

Ondervoorsitter:                        Mev. Marda Oosthuysen             

Sekretaris:                                    Prof. Barry Frey                                  

Penningmeester:                       Mev. Karn Botha

Addisionele lid:                           Mnr. Marius de Vos

                                        

Mev. Marda Oosthuysen bedank die voorsitter, mnr. Willie Engelbrecht, vir sy bekwame leiding gedurende 2022.

 

13.   AFSLUITING 

Mnr. Marius de Vos sluit die vergadering af met ‘n gebed.

 

 

 

..................                                                ............                                ..................

Voorsitter                           

Jaarverslag van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad vir 2021/2022

Vergaderinge van die Bestuur

Die Bestuur het gereeld vergader en minstens kwartaalliks bymekaar gekom vir ʼn gestruktureerde vergadering met sakelyste en notules.

Jaarlikse Eretoekeningsfunksie

Die jaarlikse funksie het weer op 13 Oktober 2022 plaasgevind by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke.  Erkenning is vanjaar gegee aan mnr. Deon de Jager, dr. Joanita Erasmus-Alt en adv. Colin Steyn.

Media-vrystellings

Daar was vanjaar geen media-vrystellings nie.  Die BAK-bestuur was wel nou betrokke by die openbare deelname van die naamsveranderingsoses van die Taalmonument in die Paarl.  Gesprekke het ook tussen die BAK en die FAK se Kultuurnetwerk plaasgevind rakende die verval van die Ou Presidensie. Daar is ook deur die BAK gesprekke gevoer rakende die bewaring van ABO- wapens by die Ou Fort.

Ledegroei

Die sakelys het deurentyd nuwe lede hanteer en daar was wel groei in 2022 rakende individue, maar nie rakende organisasies nie.

Bestuursamestelling

‘n Woord van dank aan die volgende persone wat op die bestuur vir 2021/2022 gedien het:

Mnr. Willie Engelbrecht                     Voorsitter

Mev. Marda Oosthuysen                    Ondervoorsitter

Prof. Barry Frey                                  Sekretaris

Mev. Karin Botha                               Tesourier

 

Mnr. Marius de Vos                            Gekoöpteerde lid

KENNISGEWING VIR N FUNKSIE VAN DIE BLOEMFONTEINSE AFRIKANERKULTUURRAAD (BAK)

Die Bestuur van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) nooi u graag uit na n prestige Eretoekenningsfunksie

wat op Donderdag, 13 Oktober 2022 om 18:00 vir 18:30 in die ouditorium van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke aangebied word.

 

Tydens die geleentheid sal erkenning aan die volgende persone gegee word vir hul bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur:

 

Colin Steyn, Joanita Erasmus-Alt en Deon de Jager

 

Gasspreker:  Adv. Colin Steyn

Tema: Die geskiedenis van Onze Rust

 

Musiek: Deon de Jager

 Kaartjies vir die funksie is R100.00 p.p. (vingerete ingesluit) en kan afgehaal word by:

Ø   Barry Frey (sel: 083 462 1963)

Ø  Willie Engelbrecht (sel: 082 728 1489)

Ø  Karn Botha (sel. 082 564 0967)

Ø  Marda Oosthuysen (sel: 082 826 1419)

Alternatiewelik kan kaartjies bekom word deur dit per WhatsApp by Barry Frey of Karn Botha aan te vra, waana ‘n genommerde kaartjie elektronies aan u gestuur sal word sodra ‘n bewys van betaling per e-pos of WhatsApp ontvang is. Karn Botha se e-posadres is This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en dié van Barry Frey is This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Rekening waarin betalings gedoen kan word:

Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad

BANK: Investec

Tak nr. 580105

Rek. nr. 50015306753 (“Current”)

Verwysing:  Naam en Van & Funksie 2022

 

Vriendelike kultuurgroete,

Barry Frey (Sekretaris)

 

083 462 1963

VERKORTE JAARVERSLAG VAN DIE BAK-BESTUUR:  2020/21-termyn:

 Die voorsitter, dr. Chris Verwoerd, het die BAK-Jaarverslag tydens die Jaarvergadering van 16 November 2021, met spesifieke verwysing na die volgende gelewer:

 1)    Vergaderings van die Bestuur:   Gedurende die jaar is vier kwartaalikse Bestuursvergaderings gehou. Die eerste vergadering het  op 30 Maart 2021 – steeds onder streng Covid-19- inperkingsmaatreëls – plaasgevind, en daar is uit die staanspoor klem gelê op reëlings vir die jaarlikse Eretoekenningsfunksie wat vir 7 Oktober 2021 by die amfiteater van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke beplan is.

2)    Jaarlikse Eretoekenningsfunksie:  Die funksie, wat weens die grendeltyd in 2020 afgestel is,  het wel by die Oorlogsmuseum plaasgevind, maar is inderhaas teen 17:30 op 7 Oktober 2021 weens ‘n hewige donderstorm na die ouditorium van die Museum verskuif. 

 Toekennings is gemaak aan die volgende prominente persone in Bloemfontein wat uitsonderlike diens aan die Afrikanerkultuur gelewer het:

                                     Jaco Jacobs:                               Skrywer van jeugverhale

Fanie Viljoen;                            Skrywer van jeugverhale

Arnold Van Dyk:                       Kenner van die Anglo-Boereoorlog

Rina-Maria Schepers;             Afrikaanse Drama- en Toneel

Brandkop-Voortrekkers het ‘n toekenning ontvang vir die aktiefste lidorganisasie in 2021.

Die gasspreker by die geleentheid was dr. Arnold Van Dyk. Sy tema was Die Verskroeide Aarde-beleid tydens die Anglo-Boereoorlog.

3)        Finansiële sake: Die tjekrekening by Investec deur PSG funksioneer goed, en die finansiële stand van die BAK sal in die finansiële verslag behandel word.

 4)        Ledegeld 2021:  Die Bestuur het besluit om by die JV aan te beveel dat die jaarlikse ledegeld in die lig van die Covid-19-ontwrigting nie verhoog word nie.  Die aanwending van die finansiële oorskot van 2021 word na die nuwe Bestuur verwys.

5) Ander sake waaraan aandag gegee is:                                                                                   

Verskuiwing van Pres. Steyn se standbeeld:  Die appèl teen die verskuiwing het nie geslaag nie, en die standbeeld is by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke opgerig.                                                           

Afrikaanse Monumente in en om Bloemfontein:  Op inisiatief van dr. Badenhorst, en in die lig van aanslae teen Afrikaner-monumente,  is begin om op ons webwerf ‘n lys op te stel met besonderhede van alle gedenktekens en monumente in die Bloemfontein-omgewing. Alhoewel verskeie publikasies oor erfenisse beskikbaar is, wil ons graag klem lê op erfenisse rondom ons, en aan die publiek bekendstel. Sommige lede-organisasie het reeds op ons oproep gereageer, maar ons versoek meer besonderhede en veral foto’s wat op die webwerf geplaas kan word.               

6)        Ledegroei:  Pogings is aangewend om met lidorganisasies wat nie meer aktief is nie, en nie ledegeld betaal nie, te skakel. Enkele nuwe lede is gewerf, en ander het nie reageer nie. Die Bestuur sal graag verneem van nog moontlike organisasies wat gewerf kan word.

 7)        Bestuursamestelling vir 2020 - 2021:                                                                                       

Die Bestuur vir die tydperk November 2020 tot November 2021 was as volg saamgestel:              

Voorsitter:                        Dr. Chris Verwoerd                                                        

Ondervoorsitter:              Mnr. Willie Engelbrecht                                                

Sekretaris:                         Prof. Barry Frey                                               

Penningmeester:             Mev. Karn Botha                                             

Addisionele lede:            Mev. Marda Oosthuysen

 Dr. Verwoerd meld dat dit vir hom ‘n voorreg was om tydens hierdie moeilike jaar as voorsitter te kon dien met so ‘n gewillige, bekwame en toegewyde Bestuur.  Hy noem dat die sekretaris verdien om uitgesonder te word vir sy volgehoue en getroue hantering van ons sake, selfs in hierdie besondere termyn.

 Hy spreek laastens ook sy dank uit aan ons Hemelse Vader vir bewaring en guns aan elkeen van ons, en dat ons bid vir verligting in die nuwe jaar.

 

 

Die nuwe bestuur van die Bloemfonteinse Afrikaner Kultuurraad vir 2023:

Mev Marda Oosthuysen Ondervoorsitter, Mnr Willie Engelbrecht Voorsitter, Prof Barry Frey Sekretaris, Mev Karn Botha Penningmeester en Mnr Marius de Vos Addisionele lid

Geagte kultuurvriende

Die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) se Jaarvergadering (JV) vind vanjaar plaas op (DV) Dinsdag 16 November 2021 om 18:00 in die saal van die APK Bainsvlei, Langenhovenpark, Bloemfontein (aan die bopunt van die ou Bankovs-boulevard naby die N1).

Alle lidorganisasies, individuele lede en belangstellendes in die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurgemeenskap is welkom om die vergadering by te woon.

‘n Sakelys vir die vergadering, notule van die 2020-Jaarvergadering en ‘n hersiene BAK-reglement is vir u aandag hierby aangeheg.

Vriendelike kultuurgroete,

Barry Frey

Sekretaris: Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad

 

0834621963

KENNISGEWING VIR N FUNKSIE VAN DIE BLOEMFONTEINSE AFRIKANERKULTUURRAAD (BAK)

Die Bestuur van die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) nooi u graag uit na n prestige Eretoekenningsfunksie,

wat op Donderdag, 7 Oktober 2021 om 18:00 vir 18:30 in die opelug-amfiteater van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke aangebied word.

 

Tydens die geleentheid sal erkenning aan die volgende persone en organisasie gegee word vir hul bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur:

 

Arnold van Dyk, Jaco Jacobs, Fanie Olivier, Rina-Maria Schepers en die Brandkop-Voortrekkerkommando

 

Gasspreker:  Dr. Arnold van Dyk

Tema: Die Britse Verskroeide Aarde-beleid tydens die Anglo-Boereoorlog

Gaskunstenaar: Deon de Jager

 

Kaartjies vir die funksie is beskikbaar teen R100.00 p.p. (vingerete ingesluit) by:

 

Ø   Barry Frey (sel: 083 462 1963)

Ø  Willie Engelbrecht (sel: 082 728 1489)

Ø  Chris Verwoerd (sel: 082 800 4708)

Ø  Karn Botha (sel. 082 564 0967)

Ø  Marda Oosthuysen (sel: 082 826 1419)

 

Vriendelike kultuurgroete,

Barry Frey (Sekretaris)

 

083 462 1963

Die bestuur van BAK moes noodgedwonge weens die Covid19 virus pandemie en die grendeltyd waarin ons is die Eretoekenningsgeleentheid wat op 9 Junie 2020 sou plaasvind, uitstel na 2021. Ons vra om verskoning vir enige ongerief aangedoen.

Die bestuur sal u ter gelegenertyd verder op hoogte hou.

Vriendelike groete

Hennie Maartens

Sekretaris.

Page 1 of 3