Nuus

Nuus

Kyknet se kwéla span en Willem Botha kuier op Doornkloof saam met Die Voortrekkers Vrystaat en die Uile span se vyftigjarige herlewing!

 

Hieronder is BAK se die motivering, waarom ons kontak met ons Taalgenote in die Buiteland wil maak:

"In die lig van die feit dat die Afrikaanssprekende as kulturele groep op ons planeet staatkundig ‘n minderheidsgroep is, het die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad besluit om kontak met taalgenote in die buiteland te maak. Ons wil graag by u en ander taalgenote elders in die wêreld verneem wat u gevoel oor Afrikaans en die bevordering daarvan in u land is. By ons in Suid-Afrika is ons op burgerlike organisasies soos Solidariteit, AfriForum, Afrikaans.com, en andere aangewese om daadwerklik Afrikaans in stand te hou en te bevorder. Geen hulp word van die Staat ontvang nie.

Ons sal onder andere ook graag by u wil verneem wat u projeksie oor Afrikaans in u land is. Hoe lank kan dit oorleef? Wat doen Afrikaners in hul nuwe lande om dit lewendig te hou?" 

Ons het die volgende reaksie van ds Rian Steyn van die SA Gemeente in Londen ontvang:  Ons het die toestemming van ds Steyn verkry om dit op ons webwerf te plaas: 

Dankie vir die navraag.  Ons eredienste by ons gemeentes van die SA Gemeente in die VK is in Afrikaans, maar omdat ons ‘n groeiende getal Engelsprekende lidmate het, is daar ‘n direkte vertalingsdiens beskikbaar tydens ons eredienste. Ons het op hierdie stadium 11 eredienste reg oor Engeland per maand.

Dit is te verstane dat ons kontak met ander kerke en organisasies in die VK egter volledig in Afrikaans is. Ons het goeie kontak met die Suid-Afrikaanse Ambassade hier in Londen, maar ook daardie kontak is in Engels.

Ons Sondagskool is tweetalig afhangende van die samestelling van die klasse. Kinders wat skool toe gaan raak al hoe meer Engels en dit is in die hande van ouers wat kies om steeds Afrikaans in die ouerhuise te praat, wat die taal lewendig hou.  Ons kry dat die saak van Afrikaans vir party ouers belangriker is as ander, maar die meerderheid ouers doen dit steeds.

Vir meer inligting oor die gemeente besoek gerus ons webblad www.sagemeente.com

10/04/2019

Vriend/Vriende,

Graag nooi die Nasionale Vrouemonument Kommissie u en u organisasie/instelling uit na ‘n kitsberaad wat op 31 Mei 2019 van 9:00-11:30 by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat gehou word. Die tema is “Die boodskap van die Nasionale Vrouemonumentkommissie vandag”. Dit is ‘n beraad of ‘n gesprek vir vriende of ondersteuners van die Monument. Tee en iets ligs word na afloop van die beraad aangebied. Die beraad is gratis en die versoek u eie mening en inset.

Ons nooi u én/of u as organisasie/instelling om almal te stuur wat belangstel. Laat weet ons asb. teen 20 Mei 2019 van die getal en persone met ‘n kontaknommer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Die rede hiervoor is dat ons die lokaal en die teegoed wil finaliseer.

Die doel van die Nasionale Vrouemonumentkommissie is om die belangrikheiden aktualiteit van die Monument vir vandag te beklemtoon.

Die beraad begin stiptelik om 09:00 met ‘n paar kort inleidings (10 minute) van bekendes en daarna volg bespreking van die teenwoordiges. Indien moontlik, kan ons ‘n konsensus of twee formuleer.

U ontvang hierdie uitnodiging namens die Nasionale Vrouemonumentkommissie.

Dankie vir u aandag aan die saak.

Prof Piet Strauss

Voorsitter Nasionale Vrouemonumentkommissie.

Posbus 11822, Universitas, Bloemfontein, 9321

Sekretaresse Esta Jones - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Die Ou Presidensie Historiese Vereniging

 

Nooi u na die herdenking van die landing van Jan v Riebeeck 367 en die stigting van Bloemfontein 173 jaar gelede

 

The Old Presidency Historical Society

 

Has the honour of inviting you to the commemoration of Jan v Riebeeck 367

 

and the foundation of Bloemfontein 173 years ago.

 

Saturday 6 April 2019 at 14:15 at the National Museum ( Aliwal street )
 
Kollekte / Collection
 
RSVP : 051 422 5283 / 072 418 8665

 

Vrystaatdag
23 Februarie 1854 Die Bloemfontein konvensie word onderteken. Dit het beteken dat die Oranje-Vrystaat
'n onafhanklike en erkende Republiek geword het.

Aankondiging van die 120-jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) Konferensie

(English version also available from the secretary)

9-11 Oktober 2019

Oorlogsmuseum van die Boererepublieke
Bloemfontein, Suid-Afrika

Herinterpretasie van die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog): Nuwe perspektiewe ʼn 120-jaar later

Hierdie jaar vind die 120-jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) plaas. Die studie en interpretasie die afgelope jare rakende die oorlog bied nuwe perspektiewe op die kompleksiteit wat hierdie oorlog vir die Suid-Afrikaanse bevolking meegebring het. In ooreenstemming met die Oorlogsmuseum se visie gaan die konferensie die inklusiwiteit en lyding van alle gemeenskappe tydens die oorlog verteenwoordig en so die boodskap oordra dat onderhandeling tussen strydende groepe verkies word bo die ellende van oorlog. Alhoewel die klem inherent geplaas sal word op die historiese interpretasie van die oorlog sal die konferensie poog om ʼn multidissiplinêre benadering te hê. Die 2019 konferensie het ten doel om historici en ander persone wat navorsing doen oor die diverse dimensies van die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) byeen te bring. Nie alleen word gevestigde en opkomende historici aangemoedig om die konferensie by te woon nie maar ook sogenaamde amateur historici is welkom. Deelnemers aan die konferensie het nie nodig om geaffilieer te wees met ʼn spesifieke instelling of organisasie nie.

Uitnodiging vir kort voorleggings:
• Voorstelle vir skriftelike of power-point aanbiedings word gevra. ’n 20-minute voorlegging met 10-minute vrae-/besprekingstyd vir deelname deur die gehoor.
• Alle voorleggings (minimum 150 and maksimum 300 woorde) kan per e-pos gestuur word aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. as ʼn Word-dokument. Uittreksels en voorleggings mag in Engels of in Afrikaans aangebied word.
• Alle voorleggings is onderworpe aan goedkeuring. ʼn Volledige program sal uitgereik word sodra dit gefinaliseer is.
• Aanbieders kan hul skryfstukke elektronies beskikbaar stel vir moontlike publikasie in die Joernaal van die Anglo-Boereoorlogmuseum.
Temas:
Veldslae en skermutselings
Beleid van verskroeide aarde en konsentrasiekampe
Krygsgevangenes
Vroue en die oorlog
Jeugervaringe
Britse- en Boeredeelname
Swart betrokkenheid
Erfenisbewaring
Donker / Traumatiese toerisme
Nuwe perspektiewe en navorsing rakende aspekte van die oorlog byvoorbeeld die uitwerking van trauma oor generasies heen

Belangrike datums:
• Finale datum vir indiening van voorleggings 30 April 2019.
• Kennis van aanvaarding van voorleggings 31 Mei 2019.
• Registrasie vir die konferensie sal op ʼn later stadium bekend gemaak word

TOELATINGSVORM VIR VOORLEGGING
(Alleenlik voorleggings wat op hierdie vorm aangedui is, sal aanvaar word)

Titel Mnr. / mej. / mev. / dr. / prof.
Voorletters en eerste naam
Van
Instelling (indien van toepassing)
Departement (indien van toepassing)
Posadres
Land
E-pos
Telefoon

Voorsien ʼn kort CV (Maksimum 100 woorde)

Temas Merk met ʼn X
Veldslae en skermutselings
Beleid van verskroeide aarde en konsentrasiekampe
Krygsgevangenes
Vroue en die oorlog
Jeugervaringe
Britse- en Boeredeelname
Swart betrokkenheid
Erfenisbewaring
Donker / Traumatiese toerisme
Nuwe perspektiewe en navorsing
Diverse

Voorlegging (Minimum van 150 and maksimum 300 woorde – titel, sleutelwoorde en verwysings uitgesluit)

Oorlogsmuseum van die Boererepublieke kontakbesonderhede
Posadres: Oorlogsmuseum, Posbus 34061, Faunasig, 9325, Suid-Afrika
Straatadres: Oorlogsmuseum, Monumentweg, Bloemfontein, 9301, Suid-Afrika
Telefoon: +27 51 447 3447 / +27 51 447 0079 Faks: +27 51 447 1322
Algemene epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Webwerf:
www.anglo-boer.co.za
Facebook:
https://www.facebook.com/Official-Anglo-Boer-War-Museum-247267542136112/?eid=ARAOteNmYAuPl5k4JlExHZ4dli0be2NfvcF2xaT1NgvLgB8ZrNik3QJOAezBfgNeLZKAhKDAWN1WwQ3X - Official: Anglo-Boer War Museum
Twitter:
https://twitter.com/ABWMuseum - @ABWMuseum

Die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurraad (BAK) se Algemene Jaarvergadering vind vanjaar plaas op (DV) Donderdag 22 November 2018 om 18:00 in die saal van die APK Bainsvlei, Langenhovenpark, Bloemfontein (aan die bopunt van die ou Bankovs-boulevard naby die N1)

Alle lidorganisasies, individuele lede en belangstellendes in die Bloemfonteinse Afrikanerkultuurgemeenskap is welkom om die vergadeing by te woon.

Vir navrae kontak Barry Frey 0834621963

Page 3 of 3